Mark 5:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het weggegaan en in Dekapolis begin verkondig hoe groot dinge Jesus vir hom gedoen het, en almal was verwonderd.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het wyd en syd in die Tien Stede-gebied gaan vertel wat Jesus vir hom gedoen het. En almal was verwonderd oor wat hy aan hulle vertel het.
Afrikaans 1933/1953 En hy het weggegaan en in Dek polis begin verkondig watter groot dinge Jesus aan hom gedoen het, en almal was verwonderd.
Afrikaans 1983 Hy het toe gegaan en deur die hele Dekapolis begin bekend maak wat Jesus alles vir hom gedoen het. Almal was verbaas daaroor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die man het weggegaan en begin om alles wat Jesus vir hom gedoen het, in Dekapolis bekend te maak, en almal was verbaas daaroor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man het toe weggegaan en hy het in Dekapolis gaan vertel wat Jesus vir hom gedoen het. Almal was verbaas daaroor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy is daar weg en het vir die mense in daardie streek (wat die mense Tien Stede genoem het) gaan vertel wat Jesus alles vir hom gedoen het. Die mense se monde het oopgehang van verbasing oor sy verhaal.