Mark 5:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Jesus het hom nie toegelaat nie, maar vir hom gesê: Gaan huis toe na jou vriende en vertel hulle hoe groot dinge die Here aan jou gedoen het en Hom oor jou ontferm het.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus het egter vir hom gesê: “Nee, gaan huis toe na jou mense toe. Vertel vir hulle wat die Here vir jou gedoen het, en hoe goed Hy vir jou was.”
Afrikaans 1933/1953 Maar Jesus het hom dit nie toegelaat nie, maar vir hom gesê: Gaan na jou huis na jou mense toe, en vertel hulle watter groot dinge die Here aan jou gedoen het, en dat Hy jou barmhartig was.
Afrikaans 1983 Jesus het hom dit egter nie toegelaat nie maar vir hom gesê: “Gaan na jou huis, na jou mense toe, en gaan vertel vir hulle wat die Here alles vir jou gedoen het en dat Hy jou jammer gekry het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het hom nie toegelaat nie, maar vir hom gesê: “Gaan na jou huis, na jou mense, en vertel hulle alles wat die Here vir jou gedoen het en dat Hy medelye aan jou betoon het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Jesus wou hom nie laat saamkom nie. Hy het vir die man gesê: “Gaan na jou huis en na jou familie toe. Vertel vir hulle wat die Here vir jou gedoen het. Vertel vir hulle dat die Here goed was vir jou toe dit sleg gegaan het met jou.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus wou nie. “Gaan huis toe waar jou mense vir jou wag. Gaan vertel vir hulle hoe goed die Here vir jou was en wat Hy alles vir jou gedoen het.” Die man het nie gestry nie.