Mark 5:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Hy in die skuit geklim het, het hy wat van die duiwel besete was, Hom gebid dat hy by hom mag wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Jesus weer terug was in die skuit, het die man wat voorheen besete was, Hom gesmeek om saam met Hom te mag gaan.
Afrikaans 1933/1953 En toe Hy in die skuit klim, het die man wat van die duiwels besete gewees het, Hom gesmeek om by Hom te kan bly.
Afrikaans 1983 Toe Jesus in die skuit klim, het die man wat van die duiwel besete was, by Hom daarop aangedring om saam met Hom te gaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Hy in die boot klim, het die een wat deur demone besete was, Hom gesmeek om by Hom te kon bly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het in die boot geklim. Die man wat die duiwels in hom gehad het, het aangehou soebat om saam met Jesus te gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Jesus in die skuit klim, vra die man wat die demoon gehad het Hom baie mooi of hy nie saam met Hom kon gaan nie.