Mark 5:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle kom na Jesus en sien Hom wat van die duiwel besete was en die legioen gehad het, sit en geklee en by sy volle verstand; en hulle was bang. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle by Jesus kom en die man wat die menigte bose geeste gehad het daar sien sit, behoorlik aangetrek en by sy volle positiewe, was hulle verskrik. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe kom hulle by Jesus en sien die besetene sit, gekleed en by sy verstand -- die een wat die legioen gehad het. En hulle was bevrees. |
| Afrikaans 1983 | Toe hulle by Jesus kom en die besetene in wie die baie bose geeste was, daar sien sit met sy klere aan en by sy volle verstand, het hulle groot geskrik. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle kom toe by Jesus en sien die besetene daar sit, die een wat die legioen in hom gehad het, met klere aan en by sy volle verstand; en hulle het bang geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe kom hulle by Jesus en hulle sien vir Legioen, die man wat die klomp duiwels in hom gehad het. Hy het klere aangehad. Daar was nie meer duiwels in hom nie, hy was nie meer mal nie. Die mense het toe baie bang geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar aangekom, sien hulle die woeste man rustig by Jesus sit. Hy was netjies aangetrek en het normaal opgetree, soos enigeen van hulle. Dit het hulle bang en onseker gemaak. |