Mark 5:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die wat die varke gevoed het, het gevlug en dit in die stad en in die land vertel. En hulle het uitgegaan om te kyk wat dit was wat gedoen is.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle wagters het weggehardloop en die nuus in die dorp en op die plase gaan vertel. Daarop het die mense gekom om self te sien wat gebeur het.
Afrikaans 1933/1953 En die wagters van die varke het gevlug en dit in die stad en in die buitewyke vertel; en hulle het uitgekom om te sien wat daar gebeur het.
Afrikaans 1983 Hulle wagters het weggehardloop en dit in die dorp en op die plase gaan vertel. Die mense het kom kyk wat daar gebeur het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle wagters het op die vlug geslaan en dit in die dorp en op die platteland gaan vertel. En die mense het gaan kyk wat gebeur het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die wagters wat die varke opgepas het, het weggehardloop en hulle het alles gaan vertel vir die mense in die stad en op die plase. Die mense het gekom om te kyk wat gebeur het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die varkoppassers is toe in ’n stofstreep daar weg om vir almal in die dorp en omgewing te gaan vertel wat gebeur het. Van oral af het die mense gestroom om te kom kyk.