Mark 5:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jesus het hulle dadelik verlof gegee. En die onreine geeste het uitgegaan en in die varke ingegaan, en die beeste het met geweld van 'n steilte af die see in gehardloop (dit was omtrent twee duisend) en is in die see verstik.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus het hulle dit toegelaat. Die onrein geeste het uit die man gegaan en in die varke in. Die trop van omtrent 2 000 hardloop toe teen die skuinste af die see in, waar hulle versuip het.
Afrikaans 1933/1953 En Jesus het hulle dit dadelik toegelaat; en die onreine geeste het uitgegaan en in die varke gevaar, en die trop -- daar was omtrent twee duisend -- het van die krans af in die see gestorm en in die see verdrink.
Afrikaans 1983 Hy het hulle dit toegelaat, en hulle het uitgegaan en in die varke ingevaar. Die hele trop van omtrent twee duisend het op loop gesit teen die hang af, die see in, en hulle het versuip.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het hulle toegelaat. En die onrein geeste het uitgegaan en in die varke ingevaar. Die trop van ongeveer tweeduisend het toe op loop gesit teen die helling af, die see in, en in die see versuip.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het gesê hulle mag gaan. Die onrein geeste het uit die man uitgegaan en hulle het in die varke ingegaan. Daar was omtrent 2 000 varke. Die varke het teen die berg afgehardloop tot binne-in die see. Daar het almal verdrink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Skaars het Jesus hulle toegelaat of hulle is uit die man in die varke in. Die varke het heeltemal mal geword. Hulle het verwilderd op loop gegaan, teen die skuinste af, die see in. Daar was omtrent 2 000 en die laaste een van hulle het versuip.