Mark 5:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En al die duiwels het Hom gesmeek en gesê: Stuur ons na die varke, dat ons in hulle kan ingaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die onrein geeste smeek Hom toe: “Stuur ons in die varke in. Laat ons in hulle invaar.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en al die duiwels het Hom gesmeek en gesê: Stuur ons in die varke, sodat ons in hulle kan vaar. |
| Afrikaans 1983 | Die onrein geeste het Hom toe gesmeek: “Stuur ons na die varke toe, sodat ons in hulle kan invaar!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het Hom gesmeek en gesê: “Stuur ons na die varke, dat ons in hulle kan invaar.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die onrein geeste het vir Jesus gesoebat en gesê: “Stuur ons asseblief na die varke toe sodat ons in hulle kan ingaan.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die demone smeek Jesus toe: “Asseblief, ons vra mooi, as U ons uit die man jaag, laat ons tog toe om in daardie trop varke te gaan bly.” |