Mark 4:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ander het op goeie grond geval en vrugte opgelewer wat opkom en vermeerder; en het gebaar, sommige dertig en ander sestig en ander honderd.
Afrikaans (NLV) 2011 Nog ander saad het op goeie grond geval. Dit het opgekom, gegroei en ’n oes voortgebring — tot 30 en 60 en 100 maal wat oorspronklik gesaai is.
Afrikaans 1933/1953 En 'n ander deel het in die goeie grond geval, en dit het vrug opgelewer; want dit het opgekom, en gegroei, en dit het gedra: een dertig-- en een sestig-- en een honderdvoudig.
Afrikaans 1983 Die ander saad het in goeie grond geval, en dit het opgekom, gegroei en 'n oes gelewer. Party het dertigvoudig gedra, ander sestig- en nog ander honderdvoudig.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En nog ander saad het op goeie grond geval, en dit het opgekom, gegroei en opbrengs gelewer, een dertig-, 'n ander sestig- en nog 'n ander honderdvoudig.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Party van die saad het in vrugbare grond geval. Dit het opgekom en gegroei en daar was baie koring. Een plant het 30 maal meer gegee as die saad, 'n ander plant 60 maal meer, en 'n ander plant 100 maal meer.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan was daar ook saad wat in die land self met die goeie grond geval het. Daardie saad het goed gegroei en ’n oes gegee wat alle verwagtings oortref het.