Mark 4:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle die skare weggestuur het, het hulle hom gevat terwyl hy in die skuit was. En daar was ook ander klein skepe by hom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het die skare toe agtergelaat en Jesus — Hy was immers alreeds in die skuit — sommer net so saamgeneem (alhoewel daar ander skuite agternagekom het). |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het die skare verlaat en Hom, net soos Hy was, saamgeneem in die skuit; en daar was ook ander skuitjies by Hom. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het toe die mense wat daar was, daar laat bly en Hom saamgeneem in die skuit waarin Hy gesit het. Daar was ook nog ander skuite by. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het toe die skare agtergelaat en Hom saamgeneem, aangesien Hy reeds in die boot was. Daar was ook ander bote by Hom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die dissipels het weggegaan van die groot klomp mense. Jesus was nog in die boot en die dissipels het Hom saamgeneem. Daar was ook ander bote saam met hulle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die dissipels is toe saam met Jesus, wat nog in die skuit was, daar weg. Die ander mense het op die strand agtergebly, hoewel party wel met skuitjies saam oorkant toe is. |