Mark 4:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En met baie sulke gelykenisse het Hy die woord aan hulle gespreek, soos hulle dit kon hoor.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus het baie sulke gelykenisse gebruik om die woord aan die mense te bedien volgens wat hulle kon verstaan.
Afrikaans 1933/1953 En met baie sulke gelykenisse het Hy die woord tot hulle gespreek volgens wat hulle kon verstaan;
Afrikaans 1983 Deur baie sulke gelykenisse het Jesus met die mense oor sy boodskap gepraat, vir sover hulle dit kon verstaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Deur baie sulke gelykenisse het Hy die boodskap op so 'n manier aan hulle vertel dat hulle dit kon verstaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het baie gelykenisse soos hierdie vertel wanneer Hy met die mense gepraat het. Hy het gelykenisse vertel wat hulle kon verstaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus het nog baie ander voorbeelde vir hulle gegee, meer as genoeg vir hulle om oor na te dink.