Mark 4:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die aarde dra uit haarself vrugte; eers die lem, dan die aar, daarna die vol koring in die aar.
Afrikaans (NLV) 2011 Die grond produseer die graan vanself: eers kom die eerste blaartjie uit, dan vorm die aar en uiteindelik sit die volgroeide koringkorrel in die aar.
Afrikaans 1933/1953 Want vanself bring die aarde vrug voort, eers 'n halm, dan 'n aar, dan die volle koring in die aar.
Afrikaans 1983 Vanself bring die aarde die graan voort, eers 'n halm, dan 'n aar, dan die vol koringaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die land bring die graan vanself voort: eers 'n halm, dan 'n aar en dan die koring vol in die aar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die grond laat die koring self groei. Eers groei 'n klein plantjie, dan kom die koring-aar uit en daarna word dit 'n groot koring-aar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die saad groei self uit die grond uit. Eers kom die plantjie uit. Daarna maak dit ’n klein vruggie en uiteindelik hang die ryp vrug daar.