Mark 4:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit is hulle langs die pad, waar die woord gesaai word; maar as hulle dit hoor, kom die Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle harte gesaai is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle by wie die saad op die voetpaadjie val, staan vir die mense wat die woord hoor, maar dan kom Satan dadelik en vat die woord wat op hulle lewens gesaai is, weg. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit is hulle wat langs die pad is -- waar die woord gesaai word, maar sodra hulle dit gehoor het, kom die Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle harte gesaai is. |
| Afrikaans 1983 | Daar is mense by wie daar soos op 'n pad gesaai word: sodra hulle die woord hoor, kom die Satan en vat die woord weg wat in hulle gesaai is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die saad langs die pad is die mense by wie die woord gesaai word – sodra hulle dit hoor, kom Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle gesaai is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer die saad op die voetpad val, dan is dit soos wanneer mense die woorde van die boodskap hoor, maar die Satan kom dadelik en hy vat die woorde weg wat God in hulle harte gesaai het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Party mense is soos die saad wat op die voetpad geval het... Hulle hoor die boodskap van God, maar dit sink nie in nie. Sodra hulle dit hoor, sorg Satan dat hulle dit baie gou vergeet. Satan pik as’t ware daardie woorde uit hulle gedagtes uit. |