Mark 16:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Jesus vroeg op die eerste dag van die week opgestaan het, het Hy eerste aan Maria Magdalena verskyn, uit wie Hy sewe duiwels gedryf het.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit was vroeg die Sondagmôre wat Jesus uit die dood opgestaan het. Hy het eerste verskyn aan Maria Magdalena, uit wie Hy sewe duiwels gedryf het.
Afrikaans 1933/1953 En nadat Hy opgestaan het, vroeg op die eerste dag van die week, het Hy eers verskyn aan Maria Magdal,na, uit wie Hy sewe duiwels uitgedryf het.
Afrikaans 1983 Ná Jesus se opstanding vroeg die Sondagmôre, het Hy heel eerste aan Maria Magdalena verskyn, uit wie Hy vantevore sewe bose geeste uitgedrywe het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat Jesus vroeg die oggend op die eerste dag van die week opgestaan het, het Hy eerste verskyn aan Maria Magdalena, uit wie Hy voorheen sewe demone uitgedryf het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het vroeg die Sondag-oggend weer begin lewe. Hy het eerste aan Maria Magdalena verskyn. Dit is die vrou uit wie Jesus voorheen sewe duiwels uitgejaag het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vroeg daardie Sondagoggend het Jesus weer lewendig geword. Maria Magdalena het Hom eerste gesien. (Dit was sy uit wie Jesus mos sewe demone verjaag het.)