Mark 16:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hy sê vir hulle: Moenie verskrik wees nie. Julle soek Jesus, die Nasaret, wat gekruisig is; Hy het opgestaan; hy is nie hier nie; kyk die plek waar hulle hom neergelê het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sê toe vir hulle: “Moenie so skrik nie. Julle soek vir Jesus van Nasaret, die Een wat gekruisig is. Hy is nie hier nie. Hy is opgewek uit die dood! Kyk, hier is die plek waar hulle sy liggaam neergelê het.
Afrikaans 1933/1953 En hy sê vir hulle: Moenie verskrik wees nie. Julle soek Jesus die Nasar,ner wat gekruisig is. Hy het opgestaan. Hy is nie hier nie. Dr is die plek waar hulle Hom neergelê het.
Afrikaans 1983 “Moenie skrik nie!” sê hy vir hulle. “Julle soek Jesus van Nasaret, wat gekruisig is. Hy is uit die dood opgewek. Hy is nie hier nie. Kyk, daar is die plek waar hulle Hom neergelê het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar hy sê vir hulle: “Moenie ontsteld wees nie. Julle soek Jesus van Nasaret, wat gekruisig is. Hy is opgewek! Hy is nie hier nie. Kyk, hier is die plek waar hulle Hom neergelê het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man het vir hulle gesê: “Moenie skrik nie. Julle soek vir Jesus van Nasaret wat gekruisig is. Hy lewe weer, Hy is nie hier nie. Kyk, hier is die plek waar hulle sy liggaam gesit het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Moenie weghardloop nie,” sê die man. “Ek weet julle is op soek na Jesus van Nasaret. Hy is nie meer hier nie, want Hy het uit die dood lewendig geword. “Kom kyk maar hier waar hulle sy lyk neergesit het.