Mark 16:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het uitgegaan en oral gepreek, terwyl die Here met hulle gewerk het en die woord bevestig het deur tekens wat daarop volg. Amen.
Afrikaans (NLV) 2011 Die dissipels het toe die Goeie Nuus oral gaan verkondig, en die Here het saam met hulle gewerk en hulle boodskap bevestig deur die wondertekens wat daarmee gepaardgegaan het.
Afrikaans 1933/1953 Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het. Amen.
Afrikaans 1983 Hulle het toe die evangelie oral gaan verkondig, en die Here het met hulle saamgewerk en hulle prediking bekragtig deur die wondertekens wat daarop gevolg het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het toe uitgegaan en oral gepreek. Die Here het met hulle meegewerk en die prediking bevestig met wondertekens wat daarop gevolg het. •Amen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy dissipels het oral die goeie boodskap gebring. Die Here het met hulle saamgewerk sodat hulle wonderwerke kon doen. So het God bewys dat die goeie boodskap waar is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy volgelinge het die boodskap oral gaan vertel. Die Here self het hulle gehelp en het gewys dat dit waar is deur wonderlike dinge daarna te laat gebeur.