Mark 16:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy in die hemel opgeneem en aan die regterhand van God gaan sit.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat die Here Jesus klaar met hulle gepraat het, is Hy in die hemel opgeneem en het Hy op die ereplek aan God se regterhand gaan sit.
Afrikaans 1933/1953 Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God.
Afrikaans 1983 Nadat die Here Jesus dit vir hulle gesê het, is Hy in die hemel opgeneem en het Hy aan die regterhand van God gaan sit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat die Here Jesus met hulle gepraat het, is Hy in die hemel opgeneem en het aan die regterhand van God gaan sit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nadat die Here Jesus met die dissipels gepraat het, het God Hom na die hemel geneem, en Jesus het langs God gaan sit, op die belangrikste plek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna is die Here Jesus terug hemel toe om by God self op ’n ereplek te sit.