Mark 16:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy het gegaan en dit aan die wat by hom was, vertel terwyl hulle getreur en geween het.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy het dit toe gaan vertel aan die dissipels wat besig was om te rou en te huil.
Afrikaans 1933/1953 Sy het gegaan en dit vertel aan die wat saam met Hom gewees het, terwyl hulle treur en ween.
Afrikaans 1983 Sy het dit vir sy dissipels gaan vertel wat oor Hom getreur en gehuil het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy het dit gaan vertel vir die mense wat by Hom was, terwyl hulle treur en huil.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy het vir die dissipels wat altyd saam met Hom was, gaan vertel dat Jesus aan haar verskyn het. Hulle was nog besig om te huil en te treur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy is toe daar weg om vir die ander volgelinge van Jesus te gaan vertel. Hulle almal was nog baie hartseer oor alles wat gebeur het en het gehuil.