Mark 16:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die sabbat verby was, het Maria Magdalena en Maria, die moeder van Jakobus, en Salome speserye gekoop om Hom te kom salf.
Afrikaans (NLV) 2011 Die volgende aand, toe die Sabbat verby was, het Maria Magdalena en Maria, Jakobus se ma, en Salome aromatiese olie gaan koop om Jesus se liggaam daarmee te behandel.
Afrikaans 1933/1953 En toe die sabbat verby was, het Maria Magdal,na en Maria, die moeder van Jakobus, en Salome speserye gekoop om Hom te gaan salf.
Afrikaans 1983 Toe die sabbatdag verby was, het Maria Magdalena en Maria die ma van Jakobus, en Salome reukolie gekoop om die liggaam daarmee te gaan balsem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die Sabbat verby was, het Maria Magdalena, Maria, die moeder van Jakobus, en Salome geurige speserye gekoop, sodat hulle Hom kon gaan salf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nadat die Sabbatdag verby was, het Maria Magdalena en Maria, die ma van Jakobus, en ook Salome lekkerruik-olie gaan koop. Hulle wou dit op Jesus se liggaam gaan uitgooi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die son sak en die sabbat verby was, het Maria Magdalena, Salome en Maria, Jakobus se ma, olie gaan koop wat lekker ruik om dit op die liggaam van Jesus te gaan gooi.