Mark 15:43 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Josef van Arimathéa, 'n eerbare raadgewer, wat ook op die koninkryk van God gewag het, het gekom en met vrymoedigheid na Pilatus ingegaan en na die liggaam van Jesus verlang. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | het Josef van Arimatea, ’n geëerde raadslid, ’n man wat self verlang het na die begin van God se koningsheerskappy, moed bymekaargeskraap om na Pilatus toe te gaan en te vra of hy Jesus se liggaam kon kry. |
| Afrikaans 1933/1953 | kom daar 'n vername raadslid, Josef van Arimath,a, wat self ook die koninkryk van God verwag het; en hy waag dit om na Pilatus in te gaan en die liggaam van Jesus te vra. |
| Afrikaans 1983 | Josef van Arimatea, 'n vooraanstaande lid van die Joodse Raad en iemand wat self ook uitgesien het na die koms van die koninkryk van God, kom toe daar aan. Hy het dit gewaag om na Pilatus toe te gaan en die liggaam van Jesus te vra. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het Josef van Arimatea, 'n vooraanstaande lid van die Raad, wat ook uitgesien het na die •koninkryk van God, na •Pilatus gegaan. Hy het moed bymekaargeskraap en die liggaam van Jesus gevra. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josef van Arimatea was 'n belangrike man in die Joodse Raad. Hy het ook gewag dat die tyd sal kom wanneer God Koning sal wees oor almal. Josef het na Pilatus toe gegaan. Hy was bang, maar hy het gevra of hy Jesus se liggaam kan kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josef van Arimatea was ’n lid van die Joodse Raad en het baie uitgesien na die tyd wanneer God kragtig as Koning in sy nuwe wêreld sou heers. Hy het die moed bymekaargeskraap en is na Pilatus toe om te vra of hy maar Jesus se liggaam kon gaan begrawe. |