Mark 15:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) (wat ook, toe Hy in Galiléa was, Hom gevolg en Hom gedien het) en baie ander vroue wat saam met Hom na Jerusalem opgetrek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle was volgelinge van Jesus en het vir Hom gesorg toe Hy in Galilea was. Baie ander vroue wat saam met Jesus Jerusalem toe gekom het, was ook daar.
Afrikaans 1933/1953 hulle wat Hom gevolg en Hom gedien het toe Hy in Galil,a was -- en baie ander vroue wat saam met Hom opgegaan het na Jerusalem.
Afrikaans 1983 Toe Jesus nog in Galilea was, het hulle oral saam met Hom gegaan en Hom versorg. Baie ander vroue wat saam met Hom na Jerusalem toe gekom het, was ook daar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is die vroue wat Hom, toe Hy in Galilea was, gevolg en bedien het. Baie ander vroue wat saam met Hom na Jerusalem gegaan het, was ook daar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Jesus in Galilea was, het die vroue altyd saam met Hom gegaan en vir Hom gesorg. Daar was ook baie ander vroue wat saam met Hom na Jerusalem gegaan het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit was die vroue wat in Galilea saam met Hom gegaan en vir Hom gesorg het. By hulle was daar ook heelwat ander vroue wat saam met Hom na Jerusalem toe gekom het.