Mark 15:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar was ook vroue wat van ver af gekyk het: onder wie was Maria Magdalena en Maria, die moeder van Jakobus die geringste en van Joses en Salome; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar was ook vroue wat alles op ’n afstand dopgehou het, onder andere Maria Magdalena, Maria — die ma van Jakobus junior en Joses — en Salome. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar was ook vroue wat van ver af dit aanskou het. Onder hulle was Maria Magdal,na ook, en Maria, die moeder van Jakobus, die kleine, en van Joses, en Salome -- |
| Afrikaans 1983 | Daar het ook vroue op 'n afstand gestaan en kyk. Onder hulle was Maria Magdalena en Maria die moeder van Klein-Jakobus en Joses, en Salome. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar was ook vroue wat op 'n afstand gekyk het, onder wie Maria Magdalena, Maria, die moeder van die jong Jakobus en Joses, en Salome. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was 'n paar vroue wat 'n bietjie verder gestaan en kyk het. Maria Magdalena en Maria ma van Klein-Jakobus en Joses, en ook Salome was daar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Entjie van die kruis af het ’n groepie vroue gestaan en kyk. Onder hulle was Maria Magdalena en Maria (sy was Joses en Klein-Jakobus se ma) asook Salome. |