Mark 15:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die hoofman oor honderd wat teenoor hom gestaan het, sien dat hy so uitroep en die gees opgegee het, sê hy: Waarlik, hierdie man was die Seun van God.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die Romeinse offisier oor honderd wat reg voor Hom gestaan het, Jesus só sien sterf, was sy woorde: “Waarlikwaar, hierdie man was die Seun van God!”
Afrikaans 1933/1953 En toe die hoofman oor honderd wat daar reg voor Hom staan, sien dat Hy so uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas het, sê hy: Waarlik, Hy was die Seun van God.
Afrikaans 1983 Toe die offisier, wat reg voor Jesus gestaan het, Hom die laaste asem só sien uitblaas het, het hy gesê: “Hierdie man was werklik die Seun van God.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die centurio, wat reg oorkant Hom gestaan het, Hom sy asem so sien uitblaas, sê hy: “Hierdie man was werklik •Seun van God!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die offisier het voor Jesus gestaan. Toe hy sien dat Jesus so gesterf het, het hy gesê: “Hierdie man was regtig die Seun van God!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Bevelvoerder van die Romeinse soldate het reg voor die kruis gestaan. Hy het gehoor hoe Jesus skree en het gesien hoe Hy dood is. “Hierdie man was sowaar die Seun van God,” was al wat hy gesê het.