Mark 15:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En een het gehardloop en 'n spons vol asyn gevul en dit op 'n riet gesit en hom laat drink en gesê: Laat staan! laat ons kyk of Elias sal kom om hom af te haal.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hardloop iemand, maak ’n spons vol suur wyn, sit dit op ’n riet en gee dit vir Hom om te drink. Hy sê toe: “Wag, kom ons kyk of Elia hom kom afhaal!”
Afrikaans 1933/1953 Toe hardloop een en maak 'n spons vol asyn en sit dit op 'n riet en laat Hom drink; en hy sê: Wag, laat ons sien of El¡a kom om Hom af te haal.
Afrikaans 1983 Een van hulle het toe gehardloop, 'n spons in suur wyn gesteek en dit vir Hom op 'n stok gehou om te drink. Hy het gesê: “Wag, kom ons kyk of Elia hom van die kruis kom afhaal.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Iemand het gehardloop, 'n spons met suur wyn deurweek, dit op 'n riet gesit en vir Hom gehou om te drink, met die woorde: “Wag, laat ons sien of Elia kom om hom af te haal.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand het gehardloop en hy het 'n spons vol suur wyn gemaak. Hy het dit op 'n dik riet gesit en vir Jesus probeer gee sodat Hy dit kon drink. Die man het gesê: “Wag, kom ons kyk of Elia kom om hom van die kruis af te haal.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Een van hulle bring toe vinnig ’n spons wat in wyn gedruk is. Hy sit die spons op ’n stok sodat Jesus kon drink en sê: “Los hom nou uit sodat ons kan sien wat gaan gebeur. Miskien kom haal Elia hom van die kruis af.”