Mark 15:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Net so het ook die owerpriesters spottend onder mekaar gesê met die skrifgeleerdes: Ander het Hy gered; homself kan hy nie red nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priesterhoofde en die skrifkenners het ook onder mekaar met Jesus gespot en gesê: “Foeitog, hy het ander gered, maar hy kan homself nie red nie.
Afrikaans 1933/1953 En so het ook die owerpriesters saam met die skrifgeleerdes gespot en vir mekaar gesê: Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie.
Afrikaans 1983 Net so het die priesterhoofde en die skrifgeleerdes ook spottend vir mekaar gesê: “Ander het hy gered; homself kan hy nie red nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op dieselfde manier het ook die leierpriesters saam met die skrifkenners spottend vir mekaar gesê: “Ander het hy gered, homself kan hy nie red nie!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priesterleiers en die skrifgeleerdes het ook so aangehou om vir Jesus te spot. Hulle het vir mekaar gesê: “Hy het ander mense gered, maar hy kan homself nie red nie!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die godsdienstige leiers van die Jode het net so te kere gegaan. Hulle het Jesus onder mekaar gespot: “Dit help nou veel. Ander kon hy help,” het hulle gesê, “maar nou kan hy homself nie eens uit die moeilikheid help nie.