Mark 15:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle Hom gekruisig het, het hulle sy klere verdeel en oor hulle geloot wat elkeen sou neem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het hulle Hom gekruisig. Hulle het sy klere verdeel deur met dobbelsteentjies daaroor te beslis. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy klere verdeel deur die lot te werp oor wat elkeen moes kry. |
| Afrikaans 1983 | Toe kruisig hulle Hom en verdeel sy klere onder mekaar deur te loot oor wat elkeen moet kry. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe kruisig hulle Hom en verdeel sy boklere deur daaroor te loot oor wie wat sou neem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die soldate het vir Jesus gekruisig, en elke soldaat het van Jesus se klere gevat. Hulle het lootjies getrek om te besluit watter klere elkeen moet kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe kruisig hulle Hom. Sy klere het hulle gevat en lootjies getrek om te sien wie wat moet kry. |