Mark 15:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle dwing ene Simon, 'n Cireneer, wat verbygegaan het toe hy uit die land gekom het, die vader van Alexander en Rufus, om sy kruis te dra.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Man met die naam Simon, wat van Sirene afkomstig was, kom toe juis van buite die stad af by hulle verby — hy was die pa van Aleksander en Rufus. Die soldate kommandeer hom toe op om Jesus se kruis te dra.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het 'n sekere Simon van Cir,ne wat van die veld af gekom het, die vader van Alexander en Rufus, gedwing om sy kruis te dra.
Afrikaans 1983 Die soldate het iemand wat daar verbygekom het, gekommandeer om Jesus se kruis te dra. Dit was Simon van Sirene, wat van buite die stad af gekom het, die pa van Aleksander en Rufus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het 'n verbyganger, 'n sekere Simon van Sirene, wat van die platteland gekom het, die vader van Aleksander en Rufus, gedwing om sy kruis te dra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Man het by hulle verbygeloop. Sy naam was Simon, hy was van die stad Sirene. Hy was Aleksander en Rufus se pa. Hy het van buite in die stad ingekom. Die soldate het vir Simon gesê hy moet Jesus se kruis dra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Sekere man wat oorspronklik van Sirene in Afrika af gekom het, het juis toe daar verbygestap. Hy was op pad van die platteland af dorp toe. Sy naam was Simon en sy kinders was Aleksander en Rufus.