Mark 15:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nadat hulle met Hom gespot het, het hulle die purper van Hom uitgetrek en Hom sy eie klere aangetrek en Hom uitgelei om Hom te kruisig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle moeg geword het om die spot met Hom te dryf, het hulle die pers mantel uitgetrek en Hom weer sy eie klere aangetrek. Toe vat hulle Hom weg om Hom te gaan kruisig. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hulle Hom bespot het, trek hulle Hom die purperkleed uit en trek Hom sy eie klere aan; en hulle lei Hom weg om Hom te kruisig. |
| Afrikaans 1983 | Nadat hulle Hom klaar bespot het, het hulle die pers mantel uitgetrek en weer sy eie klere vir Hom aangetrek. Toe lei hulle Hom weg om Hom te kruisig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En nadat hulle Hom bespot het, het hulle die purperrooi mantel afgehaal en sy boklere vir Hom aangetrek. Hulle lei Hom toe weg om Hom te kruisig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat hulle Jesus klaar gespot het, het hulle die pers klere uitgetrek en hulle het Jesus se eie klere vir Hom aangetrek. Die soldate het Jesus weggevat sodat hulle Hom kon kruisig. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hulle uiteindelik moeg was om Jesus so te spot, trek hulle die pers klere uit en trek Jesus se eie klere weer vir Hom aan. Toe vat hulle Jesus na die plek toe waar Hy gekruisig moes word. |