Mark 15:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het hom met 'n riet op die kop geslaan en op hom gespoeg en op hul knieë gebuig en hom aanbid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle slaan Hom toe met ’n riet teen sy kop, spoeg op Hom en maak kniebuigings asof hulle eer aan Hom wil betoon. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle slaan Hom met 'n riet op die hoof en spuug op Hom en val op die knieë en bring Hom hulde. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het Hom herhaaldelik met 'n stok oor die kop geslaan en op Hom gespoeg en hulle knieë gebuig asof hulle aan Hom eer wou bewys. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het Hom herhaaldelik met 'n riet oor die kop geslaan, op Hom gespoeg, en knielend aan Hom eer bewys. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het aangehou om Jesus met 'n dik riet op sy kop te slaan. Hulle het op Hom gespoeg en voor Hom gekniel soos hulle voor 'n koning kniel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Weer en weer het hulle Hom met ’n stok oor die kop geslaan en op Hom gespoeg. Dan val hulle weer kamma op hulle knieë en maak asof hulle Jesus as ’n vreeslik belangrike persoon eer. |