Mark 15:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die soldate het hom weggelei na die saal wat genoem word Praetorium; en hulle roep die hele groep bymekaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Die soldate het Jesus toe na hulle hoofkwartier gebring. Toe roep hulle die hele regiment bymekaar en
Afrikaans 1933/1953 Toe lei die soldate Hom weg in die binneplaas, dit is die goewerneur se paleis, en hulle roep die hele leërafdeling bymekaar
Afrikaans 1983 Die soldate vat Jesus toe in die binnehof van hulle hoofkwartier in en roep die hele afdeling bymekaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die soldate het Hom weggelei, die paleis, naamlik die pretorium, binne, en die hele kohort soldate byeengeroep.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die soldate het Jesus gevat na 'n plek voor die Romeinse goewerneur se huis. Hulle het al die ander soldate geroep om saam te gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Romeinse soldate vat Jesus toe weg na ’n soort binneplein in Pilatus se paleis. Hulle roep al die ander soldate van hulle afdeling ook.