Mark 15:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dadelik in die môre het die owerpriesters raad gehou met die ouderlinge en skrifgeleerdes en die hele raad, en Jesus was geboei en weggevoer en aan Pilatus oorgegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Pas vroegoggend het die priesterhoofde saam met die familiehoofde en die skrifkenners — trouens, die volle Sanhedrin — tot ’n besluit gekom. Hulle het Jesus geboei en toe aan Pilatus, die Romeinse goewerneur, oorhandig. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dadelik, vroeg in die môre, het die owerpriesters saam met die ouderlinge en skrifgeleerdes en die hele Raad 'n besluit geneem; en nadat hulle Jesus geboei het, het hulle Hom weggelei en aan Pilatus oorgelewer. |
| Afrikaans 1983 | Die môre vroeg het die priesterhoofde saam met die familiehoofde en die skrifgeleerdes dadelik as volle Joodse Raad 'n vergadering gehou. Hulle het Jesus geboei en Hom toe weggebring en aan Pilatus uitgelewer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En dadelik, die oggend vroeg, het die leierpriesters met die familiehoofde, skrifkenners en die hele Sanhedrin beraadslaag. Hulle het Jesus toe geboei, weggeneem en aan •Pilatus uitgelewer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Vroeg die volgende oggend het die priesterleiers 'n vergadering van die hele Joodse Raad gehou. Die familieleiers en die skrifgeleerdes was ook daar. Hulle het Jesus met boeie vasgemaak en hulle het Hom weggevat en vir Pilatus gegee sodat hy vir Jesus kon straf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sommer vroeg die volgende môre het die Joodse godsdienstige leiers en die Joodse Raad besluit wat hulle gaan doen. Hulle het Jesus in boeie na die Romeinse goewerneur, Pilatus, toe gestuur om die saak verder te hanteer. |