Mark 14:72 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die tweede keer het die haan geklim. En Petrus dink aan die woord wat Jesus vir hom gesê het: Voordat die haan twee maal gekraai het, sal jy My drie maal verloën. En toe hy daaraan dink, het hy gehuil. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Direk daarna het die haan vir die tweede keer gekraai. Dit het Petrus toe bygeval dat Jesus vir hom gesê het: “Voordat die haan twee keer kraai, sal jy drie keer ontken dat jy my dissipel is.” Toe het hy in trane uitgebars. |
| Afrikaans 1933/1953 | En vir die tweede keer het die haan gekraai; en Petrus het die woord onthou wat Jesus vir hom gesê het: Voor die haan twee maal gekraai het, sal jy My drie maal verloën. En hy het in trane uitgebars. |
| Afrikaans 1983 | En onmiddellik het die haan 'n tweede keer gekraai. Dit het Petrus toe bygeval wat Jesus vir hom gesê het: “Voordat die haan 'n tweede keer kraai, sal jy My drie keer verloën.” En hy het in trane uitgebars. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En onmiddellik het 'n haan 'n tweede keer gekraai. Toe het Petrus die woorde onthou wat Jesus vir hom gesê het: “Voordat 'n haan twee maal kraai, sal jy My drie keer verloën.” En hy het bitterlik gehuil. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het die haan die tweede maal gekraai. Petrus het onthou wat Jesus vir hom gesê het: “Jy sal drie maal sê jy ken My nie. Jy sal dit sê voordat die haan twee maal gekraai het.” Petrus het baie hartseer geword, hy het aangehou huil. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Juis toe kon ’n mens die haan ’n tweede maal hoor kraai. Petrus het dit ook gehoor en dadelik onthou wat Jesus vir hom gesê het: “Voordat die haan twee maal kraai, sal jy al drie maal gesê het dat jy My nie eens ken nie.” Toe het hy bitterlik gehuil. |