Mark 14:70 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het dit weer ontken. En 'n rukkie daarna sê die wat daar staan weer vir Petrus: Waarlik, jy is een van hulle, want jy is 'n Galiléër, en jou spraak stem daarmee ooreen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Petrus het dit weer ontken. ’n Klein rukkie later sê dié wat daar rondstaan vir Petrus: “Jy is definitief een van hulle. Jy is ook ’n Galileër.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hy het dit weer ontken. En 'n bietjie later weer sê die wat daar staan vir Petrus: Waarlik, jy behoort by hulle, want jy is ook 'n Galil,ër en jou spraak is net so. |
| Afrikaans 1983 | Maar hy het dit weer ontken. 'n Rukkie later het dié wat daar by gestaan het, vir Petrus gesê: “Werklik, jy is een van hulle, want jy is mos ook 'n Galileër.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En weer het hy dit ontken. Ná 'n kort rukkie het die mense wat daar naby gestaan het, weer vir Petrus gesê: “Sowaar, jy is een van hulle, want jy is ook 'n Galileër.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Petrus het weer gesê dit is nie waar nie. 'n Bietjie later het die mense wat daar gestaan het, vir Petrus gesê: “Jy is regtig een van sy dissipels, want jy kom ook van Galilea!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Weer het Petrus dit heftig ontken. Daarna sê van die ander wat daar rondgestaan het: “Jong, jy lyk vir ons net soos een van hulle. Jy kom dan ook uit Galilea.” |