Mark 14:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die armes het julle altyd by julle, en wanneer julle wil, kan julle aan hulle goed doen; maar aan My het julle nie altyd nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die armes sal julle altyd by julle hê, en julle kan enige tyd wanneer julle so voel, aan hulle goeddoen. Maar Ek sal nie meer lank by julle wees nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die armes het julle altyd by julle, en wanneer julle wil, kan julle aan hulle goed doen; maar My het julle nie altyd nie. |
| Afrikaans 1983 | Julle het tog altyd armes by julle, en wanneer julle wil, kan julle aan hulle goed doen, maar vir My het julle nie altyd by julle nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die armes het julle tog altyd by julle, en wanneer julle wil, kan julle hulle help; maar vir My het julle nie altyd by julle nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die arm mense is altyd by julle en wanneer julle vir hulle goed wil doen, dan kan julle dit doen. Maar Ek sal nie altyd by julle wees nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Onthou een ding: julle kan later die arm mense help, want daar sal altyd van hulle wees. Julle sal meer as genoeg kans kry om dit te doen. Maar Ek gaan nie altyd so by julle wees nie. |