Mark 14:68 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy het dit ontken en gesê: Ek weet nie, en ek verstaan nie wat jy sê nie. En hy het uitgegaan na die voorportaal; en die haanspan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het dit egter ontken en gesê: “Ek weet glad nie waarvan jy praat nie.” Hy staan toe verder weg na die voorportaal se kant toe. Net op daardie oomblik kraai daar toe ’n haan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hy het dit ontken en gesê: Ek weet nie en begryp nie wat jy sê nie. En hy het buite na die voorplein gegaan; en die haan het gekraai. |
| Afrikaans 1983 | Hy het dit egter ontken deur te sê: “Ek ken Hom nie en ek verstaan ook nie wat jy sê nie.” Toe het hy na die deur se kant toe gestaan. En daar het 'n haan gekraai. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het dit ontken deur te sê: “Ek weet nie waarvan jy praat nie en verstaan ook nie wat jy sê nie.” Hy het buitentoe gegaan na die voorhof toe, en 'n haan het gekraai. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Petrus het gesê dit is nie waar nie. Hy het gesê: “Ek weet nie waarvan jy praat nie.” Petrus het toe uitgegaan na die poort. 'n Haan het gekraai. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nee, ek is nie,” het Petrus dit dadelik ontken. “Ek het g’n idee waarvan jy praat nie. Ek ken die man nie eens nie.” Toe staan hy op en gaan staan naby die hek. Net toe kraai die haan. |