Mark 14:67 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe sy sien hoe Petrus homself warm maak, kyk sy na hom en sê: En jy was ook by Jesus van Nasaret. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en sien vir Petrus waar hy hom by die vuur warm maak. Sy kyk toe stip na hom en sê: “Jy was mos ook saam met Jesus die Nasarener.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en toe sy Petrus sien, besig om hom warm te maak, kyk sy na hom en sê: Jy was ook by die Nasar,ner, Jesus. |
| Afrikaans 1983 | Toe sy vir Petrus sien, besig om hom warm te maak, kyk sy na hom en sê: “Jy was ook saam met die man van Nasaret, die Jesus.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en toe sy vir Petrus sien, besig om homself warm te maak, kyk sy na hom en sê: “Ook jy was saam met Jesus, die Nasarener.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy het vir Petrus gesien, hy het by die vuur gesit om homself warm te maak. Sy het lank na hom gekyk en vir hom gesê: “Jy was ook saam met Jesus, die man van Nasaret.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sy by Petrus verbystap wat hom sit en warm maak by die vuur, steek sy vas en kyk mooi. “Jy is ook mos een van daardie groep mense wat agter die Nasarener, Jesus, aangeloop het,” sê sy. |