Mark 14:64 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle het die godslastering gehoor; wat dink julle? En hulle het hom almal tot die dood veroordeel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle het sy godslastering gehoor! Wat is julle bevinding?” Hulle het eenparig verklaar: “Hy is skuldig. Hy verdien die doodstraf.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle het die godslastering gehoor; wat dink julle? En hulle het almal Hom veroordeel dat Hy die dood skuldig was. |
| Afrikaans 1983 | Julle het die godslastering gehoor. Hoe lyk dit vir julle?” Hulle het Hom eenparig veroordeel: “Hy verdien die dood!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle het die godslastering gehoor! Wat is julle bevinding?” Hulle almal het geoordeel dat Hy die dood verdien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het gehoor hoe verkeerd hy oor God praat. Wat dink julle?” Almal het gesê Jesus is skuldig en hulle moet Hom doodmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle almal het dit gehoor. Hierdie man het geen ontsag vir God nie en sê dinge wat God diep seermaak. Wat dink julle van dit alles?” Soos een man het almal saamgestem en gesê dat daar nou geen kwessie meer was nie: Jesus moet doodgemaak word. |