Mark 14:58 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ons het hom hoor sê: Ek sal hierdie tempel wat met hande gemaak is, afbreek, en binne drie dae sal ek 'n ander bou wat sonder hande gemaak is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ons het hierdie man hoor sê: ‘Ek sal hierdie tempel wat met mensehande gebou is, afbreek en in drie dae sal Ek ’n ander een oprig wat sonder mensehande gebou is.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ons het Hom hoor sê: Ek sal hierdie tempel wat met hande gemaak is, afbreek en in drie dae 'n ander een opbou wat nie met hande gemaak is nie. |
| Afrikaans 1983 | “Ons het hom hoor sê: Ek sal hierdie tempel, wat deur mense gemaak is, vernietig en binne drie dae 'n ander een bou wat nie deur mense gemaak is nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ons het Hom hoor sê, ‘Ek sal hierdie •tempel, wat met hande gemaak is, afbreek en in drie dae 'n ander bou, wat nie met hande gemaak is nie.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Ons het gehoor Jesus sê: ‘Ek sal hierdie tempel wat mense gebou het, afbreek en Ek sal in drie dae 'n ander tempel bou. Dit sal nie mense wees wat hierdie tempel bou nie.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ons het hom hoor sê dat hy ons tempel sal afbreek waaraan ons mense so lank gebou het. In drie dae sal hy glo ’n ander bou en hy sal nie eens mense gebruik om dit te doen nie.” |