Mark 14:56 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want baie het valse getuienis teen hom gelewer, maar hulle getuies het nie saamgestem nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar het inderdaad baie gekom om vals getuienis teen Hom af te lê, maar hulle het mekaar weerspreek. |
| Afrikaans 1933/1953 | want baie het vals teen Hom getuig en die getuienisse was nie eenders nie. |
| Afrikaans 1983 | Baie mense het vals getuienis teen Hom afgelê, maar die getuienis het nie ooreengestem nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Baie het vals teen Hom getuig, en die getuienisse het nie met mekaar ooreengestem nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Baie mense het vertel wat Jesus gedoen het, maar nie een van hulle het die waarheid gepraat nie, hulle stories was nie dieselfde nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Baie het allerhande leuens oor Hom kom vertel, maar hulle stories het so verskil dat niemand hulle sou glo nie. |