Mark 14:44 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy wat Hom verraai het, het hulle 'n teken gegee en gesê: Wie ek ook al sal soen, dit is hy; neem hom en lei hom veilig weg.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy verraaier het reeds vooraf vir hulle ’n uitkenningsteken gegee met die woorde: “Die een wat ek met ’n soen sal groet, dit is hý. Arresteer hom en vat hom onder bewaking weg.”
Afrikaans 1933/1953 En sy verraaier het 'n teken met hulle afgespreek en gesê: Die een wat ek sal soen -- dit is Hy; gryp Hom en neem Hom met sekerheid weg.
Afrikaans 1983 Die verraaier het met die mense 'n teken afgespreek. Hy het gesê: “Die een wat ek sal soen, dit is hy. Gryp hom en vat hom weg. Moenie dat hy ontsnap nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy verraaier het vir hulle 'n teken gegee: “Die een wat ek soen, dit is hy. Gryp hom en vat hom weg onder bewaking.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Judas het vir Jesus verraai. Hy het voor daardie tyd vir die mense gesê wat hy sal doen om vir hulle te wys wie Jesus is. Hy het gesê: “Ek sal 'n man soen, dit is Jesus. Julle moet daardie man vang, julle moet hom wegvat en hom goed oppas.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Om te keer dat hulle die verkeerde een vang, het Judas met hulle ’n spesiale teken afgespreek: “Die een wat ek met ’n soen op die wang groet, dit is die een! Sorg dat julle hom in die hande kry en sê vir die wagte om hom goed op te pas.”