Mark 14:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy het nog harder gesê: As ek saam met jou sterf, sal ek jou op geen manier verloën nie. So ook het hulle almal gesê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Petrus het heftig aanhou sê: “Al moet ek saam met U sterf — ek sal U beslis nooit verloën nie!” En almal van hulle het dit beaam. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hy het nog baie meer aangehou en gesê: Al moes ek saam met U sterwe, ek sal U nooit verloën nie! En net so het almal ook gesê. |
| Afrikaans 1983 | Maar Petrus het nadruklik gesê: “Al moet ek saam met U sterwe, ek sal U beslis nie verloën nie!” En al die ander het dieselfde gesê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Petrus het uitdruklik gesê: “Selfs al moet ek saam met U sterf, ek sal U beslis nie verloën nie!” Almal het dieselfde gesê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Petrus het aangehou en ernstig gesê: “As ek saam met U moet sterf, dan sal ek sterf, maar ek sal nooit sê ek ken nie vir U nie.” Al die ander dissipels het ook aangehou om dit te sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hardkoppig het Petrus aangehou: “Ek sal dit nooit ooit doen nie. Al maak hulle my dood, ek sal dit nie doen nie.” Die ander het almal ook so gesê. |