Mark 14:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Petrus sê vir hom: Al sal almal aanstoot neem, tog sal ek nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Petrus verseker Hom toe: “Al draai almal hulle rug op U — ék sal dit nie doen nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Petrus sê vir Hom: Al sal almal ook aanstoot neem, dan tog nie ek nie. |
| Afrikaans 1983 | Petrus het vir Hom gesê: “Al sal hulle ook almal van U afvallig word, ek sal nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | •Petrus sê daarop vir Hom: “Selfs al sal almal struikel, ek sal nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Petrus sê toe vir Jesus: “Almal sal miskien ophou om in U te glo, maar ek sal nie ophou om in U te glo nie!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Petrus kon dit nie meer hou nie en sê toe ernstig: “Al hardloop almal weg en maak asof hulle U nie ken nie, hoef U nie bekommerd te wees nie. Ek sal dit nooit doen nie.” |