Mark 14:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jesus sê vir hulle: Julle sal almal in hierdie nag aanstoot neem deur My, want daar is geskrywe: Ek sal die herder slaan, en die skape sal verstrooi word.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus sê toe vir hulle: “Julle gaan almal julle rug op My draai. Daar staan immers geskryf: ‘Ek sal die skaapwagter doodmaak, en die skape sal uitmekaargejaag word.’
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Jesus vir hulle: Julle sal almal in hierdie nag aanstoot neem aan My; want daar is geskrywe: Ek sal die herder slaan, en die skape sal verstrooi word.
Afrikaans 1983 Toe sê Jesus vir hulle: “Julle sal almal van My afvallig word. Daar staan immers geskrywe: “Ek sal die herder doodmaak, en die skape sal uitmekaar gejaag word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê Jesus vir hulle: “Julle sal almal afvallig raak, want daar staan geskryf: “ ‘Ek sal die herder neervel, en die skape sal uitmekaar gejaag word.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het vir sy dissipels gesê: “Julle almal sal ophou om in My te glo. Die profeet Sagaria het geskryf: “God het gesê: Ek sal die skaapwagter doodmaak, en die skape sal weghardloop na al die kante toe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus het verder gepraat: “Julle almal gaan die rug vir My draai asof julle My nie ken nie. Die Skrif sê mos: ‘Ek sal die skaapwagter platslaan en sy skape sal in alle rigtings weghardloop.’