Mark 14:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Voorwaar Ek sê vir julle, Ek sal nie meer van die vrug van die wingerdstok drink nie, tot op daardie dag dat Ek dit nuut sal drink in die koninkryk van God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek verklaar nou hier plegtig dat Ek nie weer wyn sal drink nie tot op daardie dag wanneer Ek opnuut die feeswyn sal drink in die koninkryk van God.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Voorwaar Ek sê vir julle, Ek sal nooit meer van die vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit nuut sal drink in die koninkryk van God. |
| Afrikaans 1983 | Dit verseker Ek julle: Ek sal nie weer wyn drink nie tot op daardie dag wanneer Ek die nuwe wyn in die koninkryk van God sal drink.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | •Amen, Ek sê vir julle: Ek sal beslis nie meer van die vrug van die druiwestok drink, tot daardie dag wanneer Ek dit nuut in die •koninkryk van God sal drink nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sê vir julle, en dit is seker: Ek sal nie weer wyn drink nie tot daardie dag wanneer Ek nuwe wyn sal drink by God wat Koning is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Luister mooi wat Ek vir julle sê: Ek sal nie weer so saam met julle wyn sit en drink tot die dag dat Ek nuwe wyn in God se nuwe wêreld sal drink nie.” |