Mark 14:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hy het twee van sy dissipels uitgestuur en vir hulle gesê: Gaan na die stad, en daar sal vir julle 'n man ontmoet wat 'n kruik water dra; volg Hom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy stuur toe twee van sy dissipels met die opdrag: “Gaan stad toe. Daar sal julle ’n man sien wat ’n kruik water dra. Gaan agter hom aan |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy stuur twee van sy dissipels en sê vir hulle: Gaan na die stad toe; en 'n man wat 'n kruik water dra, sal julle tegemoetkom. Volg hom, |
| Afrikaans 1983 | Hy stuur toe twee van sy dissipels en sê vir hulle: “Gaan na die stad toe. Daar sal 'n man wat 'n kruik water dra, julle ontmoet. Gaan saam met hom |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy stuur toe twee van sy dissipels en sê vir hulle: “Gaan in die stad in, en 'n man wat 'n kruik water dra, sal julle tegemoetkom. Volg hom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het twee van sy dissipels gestuur en vir hulle gesê: “Gaan in Jerusalem in. 'n Man wat water in 'n kruik dra, sal na julle toe kom. Gaan saam met hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [13-14] Jesus stuur toe twee van sy volgelinge: “Gaan Jerusalem toe. Daar sal julle ’n man kry wat ’n emmer water dra. Loop agter hom aan tot hy by ’n huis ingaan. Sê dan vir die man aan wie die huis behoort: ‘Jesus, wat die mense so van God vertel, vra waar die kamer is waar Hy en sy volgelinge die paasete kan eet.’ |