Mark 14:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle dit hoor, was hulle bly en het belowe om vir hom geld te gee. En hy het gesoek hoe hy hom gerieflik kon verraai. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle dit hoor, was hulle verheug en het hulle hom ’n bedrag geld beloof. Hy was toe op die uitkyk na ’n geskikte geleentheid om Jesus aan hulle uit te lewer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hulle dit hoor, was hulle bly en het belowe om hom geld te gee. En hy het na 'n goeie geleentheid gesoek om Hom oor te lewer. |
| Afrikaans 1983 | Toe hulle dit hoor, was hulle bly en het hulle belowe om hom daarvoor te betaal. Hy het toe na 'n plan gesoek om Hom by 'n geskikte geleentheid te verraai. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle was bly toe hulle dit hoor, en het beloof om vir hom geld te gee. Daarop het hy na 'n manier gesoek om Hom op 'n gepaste geleentheid oor te lewer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die priesterleiers dit hoor, was hulle bly en hulle het belowe om vir Judas geld te gee. Judas het 'n plan probeer maak en hy het gewag vir die regte tyd om Jesus te verraai. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die godsdienstige leiers was natuurlik baie bly om dit te hoor. Hulle het vir hom ’n hele klomp geld beloof as hy hulle sou help. Judas het sy kans mooi afgewag om Jesus te verraai. |