Mark 13:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wanneer julle van oorloë en gerugte van oorloë hoor, moet julle nie ontsteld wees nie, want sulke dinge moet noodwendig gebeur; maar die einde sal nog nie wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer julle van oorloë hoor, hier naby en daar ver, moenie paniekerig word nie. Hierdie dinge is bestem om te gebeur, maar die einde sal nog nie dadelik daarna kom nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar wanneer julle hoor van oorloë en gerugte van oorloë, moet julle nie verskrik word nie, want dit moet kom. Maar dit is nog nie die einde nie.
Afrikaans 1983 “En wanneer julle die rumoer van oorloë en gerugte van oorloë hoor, moet julle nie verskrik wees nie. Dit moet kom, maar dit is nog nie die einde nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer julle van oorloë en gerugte van oorloë hoor, moet julle nie verskrik raak nie. Dit moet gebeur, maar dit is nog nie die einde nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie skrik wanneer julle hoor daar is oorlog nie, naby julle of ver van julle. Hierdie dinge móét gebeur, maar dit is nog nie die einde van alles nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie skrik as julle hoor dat mense begin oorlog maak nie. Dit is dinge wat moet gebeur, maar dit beteken nog nie dat die einde hier is nie.