Mark 13:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie, in die aand of middernag of met die hanekraai of in die môre.
Afrikaans (NLV) 2011 Waak julle dan voortdurend, want julle weet nie wanneer die baas van die huis terugkom nie — teen die aand of teen middernag of met hanekraai of vroegdag.
Afrikaans 1933/1953 Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie;
Afrikaans 1983 Bly dus waaksaam, omdat julle nie weet wanneer die huiseienaar kom nie, in die aand of middernag of met hanekraai of die môre vroeg nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Bly daarom waaksaam, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie – teen die aand, om middernag, teen hanekraai of vroegoggend nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet ook wakker wees, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis sal terugkom nie. Julle weet nie of dit laat in die aand sal wees of in die middel van die nag of wanneer die haan begin kraai of vroeg in die oggend nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hou goed wag, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis skielik daar instap nie. Dit kan enige tyd wees: in die middel van die nag, vroeg in die oggend, as die son sak of in die aand, ja, enige tyd.