Mark 13:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl hy op die Olyfberg teenoor die tempel gaan sit het, vra Petrus en Jakobus en Johannes en Andreas hom afsonderlik: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Later, toe Jesus teen die hang van die Olyfberg regoor die tempel sit, vra Petrus, Jakobus, Johannes en Andreas Hom vertroulik: |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Hy gaan sit het op die Olyfberg, regoor die tempel, vra Petrus en Jakobus en Johannes en Andr,as Hom afsonderlik: |
| Afrikaans 1983 | Jesus het op die Olyfberg gaan sit, regoor die tempel. Toe hulle alleen was, vra Petrus, Jakobus, Johannes en Andreas vir Hom: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl Jesus op die Olyfberg, regoor die tempelterrein, gesit het, het •Petrus, Jakobus, Johannes en Andreas Hom eenkant gevra: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het op die Olyf-berg naby die tempel gaan sit. Petrus, Jakobus, Johannes en Andreas het Hom begin uitvra toe hulle alleen by Hom was. Hulle het vir Jesus gevra: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Rukkie later gaan Jesus teen die hang van die Olyfberg sit. Van daar af kon ’n mens die tempel mooi sien. Omdat daar nie ander mense by hulle was nie, vra Petrus, Jakobus, Johannes en Andreas Hom toe: |