Mark 13:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dan sal Hy sy engele uitstuur en sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die uiterste van die aarde af tot aan die einde van die hemel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal Ek my engele uitstuur om my uitverkorenes uit al vier windstreke bymekaar te maak — ja, vanaf die verste uithoeke van die aarde. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dan sal Hy sy engele uitstuur, en Hy sal sy uitverkorenes uit die vier windstreke versamel, van die einde van die aarde af tot by die einde van die hemel. |
| Afrikaans 1983 | En dan sal Hy die engele uitstuur om sy uitverkorenes bymekaar te bring uit die vier windstreke, van die een kant van die aarde af tot by die ander kant.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sal dan die engele uitstuur en sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die verste hoek van die aarde tot die verste hoek van die hemel.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal Ek my engele stuur en Ek sal al die mense bymekaarmaak wat Ek gekies het. Ek sal hulle bymekaarmaak van die ooste, die weste, die noorde en die suide, van die een kant van die aarde tot by die ander kant.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sal die mense wat Hy gekies het van elke hoekie van die aarde af bymekaar gaan maak. Daarmee sal sy engele Hom help. |