Mark 13:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom op die wolke met groot krag en heerlikheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “En dan sal die mense vir My, die Seun van die Mens, in geweldige krag en heerlikheid op die wolke sien kom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid. |
| Afrikaans 1983 | “Dan sal die mense die Seun van die mens in die wolke sien kom met groot krag en majesteit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Dan sal hulle die •Seun van die Mens met groot krag en heerlikheid op die wolke sien kom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Dan sal almal My, die Seun van die mens, sien. Ek sal op die wolke kom en Ek sal alles kan doen wat Ek wil doen. Ek sal die Groot Koning wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dan sal die groot oomblik aanbreek. Voor die oë van die mense sal die Seun van die mens op die wolke verskyn. Almal sal sy geweldige krag en grootheid sien. |